Friday, July 10, 2009


Liewe vriende,


In gesprekke wat ek gehad het met mense wat die vorige braai bygewoon het, het dit geblyk dat daar belangstelling is in Afrikaanse bybelstudie.

Daar is selfs ook die behoefte uitgespreek om 'n Afrikaanse kerk te plant hier in Greenville. Ek bied hiermee aan om so 'n bybelstudie aan te bied, met die vooruitsig van toekomstige woordverkondiging op Afrikaans hier in Greenville.

Voorstelle vir 'n spesifieke tyd en plek sal waardeer word, alhoewel ek Saterdag oggende of Donderdag aande sal verkies.

Vir die van u wat my nog nie ontmoet het nie; ek is getroud met Lizette, en ons het twee dogters (Suzette en Estelle). Ek is tans 'n derdejaar student aan Greenville Presbyterian Theological Seminary in Taylors.Ek vra hiermee dat alle belangstellendes my sal kontak sodat ek u kan ontmoet.

My e-pos adres is lcloete01@gmail.com

My selfoonnr. is (864) 373 5313

Mag ons hierdeur ook eer bewys aan God en sy Koninkryk.
GroeteLouis Cloete